MaGic Baits
"Ons almal weet dat MaGic se produkte puik is..."
Marius Jardin

Die MaGician deur Cornel Geyer

Eendag langs die Vaalrivier sit die MaGician en hengel. Hy het al sy magic op show en als lyk te mooi. Terwyl hy nog so op sy negende rug werwel sit-lê, stop n ander man in n 4by4.  Kyk die bakkie is nou vir jou uitgekit - tent opi dak, chassis is gemodify, die agter as is verleng en hy het dubbel wiele en die stickers van al sy produkte is oorals geplak en fotos van sy vangste is somme gespray op die kante. Die man klim toe uit die bakkie uit en die voorkant lyk soos n cockpit van n F14 mirage. Die man kom so met sy houding na die MaGician aangestap en hy lyk soos n stads knap wat eerste keer op n plaas kom en vra toe vir die MaGician: "My broer, is die water vlak of diep hierso, want ek wil daar op die ander kant gaan vang waar dit beter is". Die MaGician sê toe: "Nee wat, die water vlak is so minder a 3 duim diep hier." Die man sê toe "sharp" en spring in die UFO bakkie in en trek weg. 5 Sekondes later toe is daai bakkie weg onder die water. 2 minute later is die man weer sigbaar en op die wal. Vra hy toe vir die MaGician: "Ek dog jy se die water is vlak hier?" Die MaGician sê toe: "Jammer man, ek het so tien minute terug 4 klein eendjies sien hier oorstap na die ander kant toe"