MaGic Baits
"... die kleur en geur is altyd konstant en die vis gaan mal oor die MAGIC"
Dérik Pretorius

Gyselaar deur Cornel Geyer

Mense, ek was vandag baie stil gewees omrede ek in my garage gyselaar gehou was. Ek het ingestap om my viskas te bêre en tien spinnekoppe het my vasgepen. Hulle het my 'n briefie gelos, hulle wou my Oukous en Vampire floats hê. Kyk toe die tarantula nader stap, toe verlaat my blaas my en ek moes dit toe oorgee, maar die grap was op hulle want ek het my bottel vampire oorgegooi in die ander een en het n klomp ander brand floats daarin gesit om weg tegooi en gelukkig nog nie oukous gaan koop nie. So asb, wees gewaarsku - dit is nogals n groot bende, maar ek het gelukkig onder druk kon dink en my MaGic red!