MaGic Baits
"Michael het 'n ongelooflike passie vir wat hy doen en ek dink ons almal kan dit sien in die kwaliteit van sy produkte."
Marius Jardin

Michael, ek wil 'n dip hê deur Kenny Hills

(Op die wysie van Mamma ek wil ‘n man hê)

Michael, 'k wil 'n dip hê!
Watter dip, my liewe vriend?
Wil jy dan 'n ‘Kaas-dip’hê?
Nee, Michael, nee!
'n ‘Kaas-dip’ die wil ek nie,
want "Baievissevang" kan dit nie;
dit is my plesier,
met die Boorgat dippies hier!

Michael, 'k wil 'n dip hê!
Watter dip, my liewe vriend?
Wil jy dan 'n ‘Blou-dip’ hê?
Nee, Michael, nee!
'n ‘Blou-dip’ die wil ek nie,
want “kleinvissevang” - dit moet ek nie;
dit is my plesier,
met die Bleeding floaties hier!

Michael, 'k wil 'n dip hê!
Watter dip, my liewe vriend?
Wil jy dan 'n ‘Willie-dip’ hê?
Nee, Michael, nee!
'n ‘Willie-dip’ die wil ek nie,
want "Geenvisvang" - dit lus ek nie;
dit is my plesier,
met die Corn floaties hier!

Michael, 'k wil 'n dip hê!
Watter dip, my liewe vriend?
Wil jy dan 'n MaGic dippie hê?
Ja, Michael, ja!
'n MaGic dip die wil ek hê,
Want “Grootvisvang” die wil ek mos;
dit is my plesier,
met die MaGic Baits dippies hier!

Micheal sal ‘n dippie maak..
Ja, Micheal Jaaa!!!!!