"... ek het al hoe meer vis begin vang en die katrol het gesing soos die vis byt. Baie Dankie vir n puik produk wat regtig werk." |
Get your GAG to BRAG deur Kenny Hills
Magic Baits het 'n paar nuwe toets produkte op die mark en ek was vreeslik opgewonde vir die geleentheid om veral twee van die nuwe toets produkte te kan gaan toets. Ek het gaan hengel op 13 en 14 Januarie 2023 by privaat gronde by Vaal Marina, Vaaldam.
Die tweede produkte wat ek gaan toets het was GAG Bleeding Floaties en Cypri Liquid Carp Food Feed Booster.
Ek was oortuig met die uitstekende vangste en terugvoer op Magic Baits se Facebook groep met die Nuwe GAG Soft Floaties dat 'n GAG Bleeding Floatie nog beter sal werk en dat die Bleeding effek net nog meer vis op die wal sal plaas. Met dit ingedagte het ek behoorlik hard daaraan gewerk en baie skimpe rond gegooi om Michael te oortuig om vir my 'n botteltjie GAG Bleeding Floaties te maak.
My deursettings vermoe het vrugte afgewerp en ek het daarin geslaag om vir Michael te oortuig en die Towenaar het vir my 'n botteltjie GAG Bleeding Floaties gemaak, met die oop maak van die botteltjie het ek dadelik geweet die GAG Bleeding Floatie gaan nog beter werk as die GAG Soft Floatie. Wat 'n voorreg om die eerste hengelaar te kon wees wat die GAG Bleeding Floaties kon toets.
Ek sit met 'n glimlag, amper reg om my kop, as ek dink dat ek die eerste hengelaar in die land was wat die voorreg gehad het om die GAG Bleeding Floaties te gaan toets.
Nogal lekker bederf.
Die tweede produk wat ek gaan toets het, is die Cypri Liquid Carp Food Feed Booster.
Die produk het my sommer dadelik laat hoendervleis kry. Jare lank soek ek al vir so produk wat ek as bymiddel in voer in kan meng wat die reuk en voedingswaarde van die voer kan verbeter.
'n Produk wat die nodige Amino Acids, Minerale, Vitamine en proteine in het om die voer meer aanloklik te maak vir die vis. Die produk is baie verbruikers vriendelik. Dit word verpak in 'n 500ml deurskynende plastiek bottel en jy gooi 30ml tot 60ml by jou voer se water, meng dit goed deur en meng dan jou voer.
Die Cypri Liquid Carp Food Feed Booster laat jou voer presies ruik soos vars Sweetcorn mielies, die vis kan bly wees ek het nie die voer self geeet nie. Die reuk wat dit die voer gee kom van die "Corn Extract' wat deel is van die bestandele van die Cypri Liquid Carp Food Feed Booster.
Ek het besluit om 30ml van die Cypri Liquid Carp Food Feed Booster te meng in my voer en die resultaat het my wildste drome oorskry.
Hierdie produk is absoluut 'n moet vir elke hengelaar.
Ek verkies om te hengel met 'n aasboot en hengel graag met groter hoeke, my keuse van hoeke is Daiichi no.5 of no.7. My motto is groter hoeke, groter vis.
Ek teiken die groter vis en die kombinasie van aasboot hengel met groter hoeke en groter aas gee my die resultate wat ek na soek.
Ek hengel hoofsaaklik met Large Bleeding Floaties en deel van my sukses is die gebruik van twee Chooby Bait geure as backings.
Die twee Chooby Bait geure wat vir my die beste resultate lewer is Plain White Chooby en my gunsteling, Traction Chooby.
Ek speel nie as ek die Chooby Bait as backing aan sit nie, ek verkies 'n groot backing.
Vir my eerste aas aanbieding besluit ek op 2 X Vrm Large Bleeding Floaties met 'n Traction Chooby Bait as Backing. Op die voerbol gooi ek VRM Boldip en Monster Carp Boldip.
My ander stok Kariba wurms, 2 X Vampire Large Bleeding Floaties met 'n Traction Chooby Bait as Backing en die ander hoek 2 x Banana X Large Bleeding Floaties en die Traction Chooby Bait as Backing.
Sommer dadelik vang ek 'n klein babertjie en besef die kariba wurms is uit.
Ek is hier om mooi karpe te vang.
Die tweede gooi pas ek die kombinasie so klein bietjie aan met groot 'reward'.
Ek sit twee GAG Bleeding Floaties by. Nie lank en ek vang 'n mooi karp van 4.6kg.
Met die verandering begin die stokke te loop en land ek gereeld mooi vis.
Saterdag oggend verander ek my kombinasie na my gunsteling kombinasie wat ek My Drie Tenore noem, Stinkgogga Boldip, Banana X Boldip en Foxtrot Boldip, die kombinasie het al menigte kere die katrolle laat sing.
Onderste hoek VRM Large Bleeding Floatie en 3 X GAG Bleeding Floaties en boonste hoek Stinkgogga Large Bleeding Floatie saam met 3 x GAG Bleeding Floaties.
Op die kombinasie vang ek 'n mooi graskarp van 7.6kg.
Ter slotsom, ongeag waarmee ons gehengel het, as jy vis wou vang moes jy seker maak jy het 'n GAG Bleeding Floatie op...... NO GAG NO BRAG!
Die GAG gaan nog baie glimlagte op menigte hengelaar se gesigte sit.
Groete van Karp tot Karp.
Kenny 'Toor met My Drie Tenore' Hills
Click photo below to read Jocelyn's article about her experience with the GAG and fishing for muddies
Click photo below and read more about our GAG flavour. Article includes combinations with GAG flavour and catches on GAG