"Deesdae koop ek net MaGic en dis my rede... Ek het nog nooit weer geblank by enige social hengeluitstappie nie." |
Die Baitrunner Bait Boat deur Michael Cato
Die ‘Baitrunner ‘ Bait boat deur Michael Cato
Nooit het ek in my wildste drome ooit die gedagte gehad dat ek ooit weer ‘n aasboot sal gebruik nie. Gedurende my vroeë twintiger jare het ek ‘n aasboot (ek gaan nie die naam noem nie) aangeskaf en met baie opgewondenheid die nuwe speelding begin uittoets. My opgewondenheid was van korte duur. Die aasboot was swaar en moeilik om te hanteer, die aasboot moes elke keer op sy stander geplaas word en die aasboot se batterye het net nie gehou nie.
Mettertyd het die aasboot net ‘n beslommernis geraak en begin stof opgaar, tot ek later die aasboot eerder verkoop het.
Hierdie gedagte het egter verander, vroeër die jaar, toe ek vir Andre Human ontmoet het. Andre het my vertel van sy besigheid ‘Baitrunner Bait Boats’, ‘n veerligte plastiek dubbel boog aasboot. Die ‘Baitrunner Bait boat’ se lengte is 900mm ingesluit die bakkies. Die ‘Baitrunner Bait Boat’ is 350mm in sy wydte.
Soos ek genoem het is die ‘Baitrunner Bait Boat’ veerlig en baie maklik hanteerbaar. Die bootjie weeg maar 6.5kg. Andre gee vir jou die opsie van klein bakkies of groot bakkies. Die klein bakkkies is 135mm x 90mm x 55mm. En die groot bakkies is 155mm x 100mm x 60mm. Die aasboot se motortjie hardloop teen ‘n spoed van 3000rpm. Andre maak seker dat die eindverbruiker een van die beste ‘remotes’ op die mark kry, die ‘Fly Sky 2.4ghz 4 channel remote’.
Die ‘Baitrunner Bait Boat’ het ‘n maksimum afstand van 600. Nie dat kan dink wie so ver wil hengel nie. Dit sal slegs gebeur in uiterse toestande. Die‘Baitrunner Bait Boat’ word vervaardig in verskeie kleure, onder andere: Rooi, Wit, Donker Blou, Geel, Grys, Oranje, Swart, Groen, Pienk en ligte Blou.
Vir die Magic Baits ondersteuners vervaardig Andre spesifiek ‘n ‘Baitrunner Bait Boat’ in swart en oranje met die Magic Baits ‘stickers’ op.
Andre verkoop ook verskeie ekstras soos ‘n spoed beheer (speed control), ‘n Motor battery laaier, Extra ‘LED’s’ vir voor en agter (let wel ekstra - die boot het alreeds op), en dan verskaf hy ook ekstra batterye.
Die eerste keer wat Andre my aan die boot bekend gestel het, het ons nie regtig gehengel nie. Dit was een van die koudste dae gedurende winter en ons het hoofsaaklik gekyk na die werksverrigting van die ‘Baitrunner Bait Boat’. Ons was by Sam Gross in Vereeniging by die Vaalrivier. Gedurende die dag het daar op verskeie kere ‘n groot motorboot verby gekom en groot golwe veroorsaak en dit het my die perfekte geleentheid gegee op die ‘Baitrunner Bait Boat’ teen die golwe te kan toets. En was ek verras, die dubbel boog het gehelp dat die ‘Baitrunner Bait Boat’ deur die golwe sny soos ‘n warm mes deur botter.
‘n Week of twee later het Ek en my Pa die aasboot gaan toets by ‘n plaas dam naby Parys. En was ek nie aangenaam verras nie. Die aasboot het behoorlik gewerk. Die bootjie is baie lig en baie maklik hanteerbaar. Ons het die ‘Baitrunner Bait Boat’ sonder enige voorvalle gebruik en dit was ongelooflik. Die afstand beheer (remote) werk baie gemaklik en enige persoon kan dit baie vinnig aanleer.
Die ‘Baitrunner Bait Boat’ het ons gehelp om gedurende die plaasdam sessie dubbel soveel vis te vang soos wat ons kon kry op gooi afstand. Wat meer wil jy nou he?
Gedurende ‘n sessie op ‘n plaasdam naby Middelburg het ek as gevolg my eie nalatigheid die ‘ubec’ op die ‘Baitrunner Bait Boat’ gaan staan en laat nat word en die aasboot was tydelik buite aksie. Ek het Andre Human geskakel en hy het dit baie spoedig herstel en teen ‘n baie lae koste. Die diens was eenvoudig uitstekend.
Op ‘n volgende geleentheid het ek die ‘Baitrunner Bait Boat’ gebruik by die Vaalrivier en spesifiek om hoofsaaklik ‘n voer kol te maak. Ons het ‘molasse balle’ gaan voer met die ‘Baitrunner Bait Boat’ en dit het uitstekend gewerk. Ek het selfs verskeie kere die ‘Baitrunner Bait Boat’ laat uitgaan met 2 mollasse blokke op ‘n slag met geen problem.
Met die hulp van die voer area het ek behoorlik onder die karpe baljaar en het ek in 24 uur 24 vis geland met ‘n gewig van net onder 90kg. Vyf van die karpe was bo 8kg. Wat ‘n droom sessie.
Baie dankie Andre Human vir ‘n uitstekende produk! Ek sal enige persoon aanraai om die ‘Baitrunner Bait Boat’ te koop.
Vir navrae:
Kontak:
Andre Human 083 406 5509
Foto’s van visse gevang met die gebruik van die aasboot