MaGic Baits
"Dankie vir n puik produk wat resultate kan wys."
Lukas vd Nest

 15941047 10208422232053091 1867482025700078181 n
 
Borg Hengelaar: Francois Mynhardt

 

Plek: Bronkhortspruit Dam – Natuurbewaring (Langs Pomp Huis)

 

Datum: 22/12/2016

 

Totale Vis: 16

 

Totale Gewig: ±8kg

 

Kombinasie/ Aas: Onderste Hoek: Banana X Soft Float

 

Boonste Hoek: Banana X Soft Float

 

Bol: Traction Spray & 4x4 Spray

 



 

Afstand: 90m beide stokke

 

Kompetisie: Sosiaal

 

Weer: Sonskyn met matig tot sterk wind die hele dag.

 

Tempo: 10 – 15minute

 



 

Goeie dag.

 



 

Ek en my Swaer het vir die dag uit gery Bronkhorstspruit Dam – Natuurbewaring kant. Ons het teen die oewer af gery die Oggend en gesien oewer is baie vol. Baie mense is op verlof en het kom kamp ens. Ons hou toe verby die rivier kant en mik vir die Groot Bloekom Boom net voor die draai. Kom toe daar maar daar staan reeds mense daar. Besluit toe om net links van hulle langs die Pomp huis te sit.

 

Spring eerste weg om voer te maak terwyl my Swaar vir ons ‘n koffie maak. Na ek voer gemaak het begin ons af te pak. So drie kwart pak afgepak besef ek, ek het my drie poot staander so basis waarop my kas kom en mike kom by die huis vergeet. Slegs een oplossing, hengel soos ek geleer hengel het toe ek ‘n kind was, twee mik penne wat die stokke se punte in lig hou met die agterkant van die stok op die grond. Op my ouderdom, is dit nie die beste manier van Tempo Hengel nie.

 



 

Laai toe my eerste strop. Banana X soft float op elke hoek met onderste hoek terug gedruk in bol. Op die bol ‘n spuit 4x4 en ‘n spuit Traction. Ander stok kon ek nie eers onthou nie want dit het geen vis gelewer nie maar na ek my tweede vis geland het op die bo-genoemde kombinasie, toe hengel ek beide stokke in gehaak op 90m met dieselfde kombinasie.

 



 

Het die dag geeindig met 16 vis met ‘n geskatte gewig van 8kg. Ek het ongeveer soveel vis verloor ook weens die feit dat die hoek die vis aan buite kant van bek. Hoekom weet ek nie, het die floaties op alle moontlike maniere gehaak maar steeds die vis aan buite kant van bek gehaak. Ek het verander na deeg toe maar dan kry ek nie vis nie, floatie en deeg het ook nie gewerk nie. Op die einde van die dag het ons baie lekker gehengel. My Swaer het ook 3 vis kon uitkry maar het self omtrent 10 verloor a.g.v. die floaties.

 



 

Baie dankie Magic Baits, julle produk het die spel stok geswaai en my net vol vis gemaak.

 

Groete.

 

Francois Mynhardt