"Dankie vir n puik produk wat resultate kan wys." |
Feeder Hengel met Magic baits in Witbank Dam deur Jacques Benadie
Feeder Hengel met Magic baits in Witbank Dam deur Jacques Benadie
Soos ek reeds in my vorige artikel genoem het is Magic Baits se produkte van uitstekende gehalte vir Feeder Hengel en ek vang meer gereel groter vis.
Dis maandag, ek het vrydag terug gekom van Bloemhof se SA’s af, die naweek moes ek my Daddy duties by die huis doen en sussie het een jaar oud geword. Al die mense is weg en als is stil by die huis, mamma het gaan werk. Laat ek sien……..dis n baie goeie dag om te Feeder Hengel en ek het nou al met die gedagte van gister af geloop om Witbank dam te gaan Feeder Hengel afgesien van al die klagtes wat ek al van gelees het oor hoe dood Witbank Dam is vir Hengel. Baie hengelaars kla dat hulle weinig tot geen vis in twee of drie dae vang nie.
En so haal ek die stokke sak uit die spaarkamer en vat dit bakkie toe, die bakkie is nog nie werklik afgepak vandat ek terug is by die huis nie. Ek het nie baie voer nie en vat sommer Magic Baits se popcorn voer en meng dit saam met die laaste 2 of 3 slagoffers van die SA’s se protein voer. Die slagoffers is sulke halwe na lee sake voer.
By die dam gekom maak ek my voer met dam water, en so n gesonde blerts MZ Boll dip in die water, meng dit en gooi my droe voer by die water. Feeder voer word baie drooer gehengel as oewer voer omdat ons met die Feeder cage Hengel en die voer moet binne n minuut self uit die cage uitval. Die voer moet ook nie te droog wees nie anders val die voer uit voor jou cage op die bodem is.
Die area lyk egter so effe dodgy, ek sien “locals” daar Hengel en ek besluit om so n entjie weg te Hengel. Dis reeds laat in die dag en ek mors nie tyd nie. Ek begin die water profile en besluit op n kol water so net oor die 4 meter diep op 40 meter afstand. Teen so 12 uur die middag gooi ek gou so 5 cages vol voer op my kol en begin Hengel. Met feeder gooi ek elke 8 minute die eerste uur oof twee, en daarna laat ek die stokke langer le na so omtrent 12 na 15 minute toe afhangende van die byt patroon en tempo van die vis.
Dis toe wat ek amper van my platvorm afval toe ek n stem langs my hoor, dis Phineas: een van die locals wat kom kuier het. Hy het so n bietjie mieliebol kom leen. Ek het vir hom so n bietjie gegee. Dit was nie 10 minute nie toe is Phineas terug! Die keer om my sy vis te wys en my te oortuig ek sit op die verkeerde plek!!! Die vis is gevang op so n gevaarlike rietvlei strop en skoon wurms met magic se geleende bolle. Hy het my toe oortuig en die feeder stand is agter op die bakkie en nou skuif en nader aan die plek waar die locals sit. Dis eintlik n baie mooi Hengel plek, daar is n massiewe sloep wat aansluit in die smaller area van die dam waar ek sit. Glad nie n slegte plek nie. Ek stel weer my feeder op en begin Hengel.
Vir omtrent n uur kry ek nie eens n stamp op die cage nie. Skielik sien ek lyn swemme. My besluit is egter om die inhaak te behou, gee 3 na 4 draaie op my katrol en haak weer die lyn in.
Ek haak n DCX pitjie wat nog saamry van die SA’s af en ek gee so n spuitjie DCX op die cage gooi hom tot teen die vlakker inhaak. 14 minute later sien ek die feeder stok se quiver tip beweeg en die punt kom so stadig terug, skielik sien ek die stok se punt gaan en die katrol begin skree en die vis swem tot teen my inhaak, ek maak vas en hou vir lewe en dood op die feeder stok om nie my inhaak te verloor nie. Die vis draai en die geveg is aan!!! Na so 10 minute skep ek n mooi karp. Ek vang my eerste Witbank dam karp op die Feeder!
My eerste Witbank Dam feeder karp
Ek haak weer dieselfde en gooi weer tot teen my inhaak. Nou wag ek, die tempo gaan af….
Negentien minute later vat nog n mooi karp die feeder stok so hard ek het my hand net betyds op die stok kry voor die vis hom afruk van die feeder arm af. Nog n mooi karp!
Ek is egter bekommerd oor die byt tempo wat afneem en die tyd wat teen my begin tel want dis reeds naby aan 3 uur. Ek besluit om te hou by my hoekaas en my 600 mm hoeklyne. Ek sit nou net n spuitjie Island en n kol Banana X Boll dip saam met die DCX.
3 minute later kry ek weer n massiewe byt, tot my verbasing is dit n baie mooi geelvis. Ek doen weer dieselfde en kry nog twee mooi karps, half 4 word ek oorval deur n elektriese storm en agv die aard van die grafiet stokke sit ek amper 45 minute in die bakkie om te wag om op te pak. Ek kon egter nie verder Hengel nie maar het nog n MAGIC MOMENT om te deel! Ek meen: 5 vis in n rapsie meer as 3 en n half ure en ek het nog n skuif ook gemaak in die tyd. Dis net MAGIC!!!
My sak visse gevang voor die elektriese storm my betrap het. Let op na hoe mooi gesond die visse is. Die een wat teen my cooler box staan het n mooi skof. Die geelvis is heel onder in die foto.