"MaGic Baits is n TOP GEHALTE produk wat altyd kwaliteit is ..." |
- Details
- Hits: 3739
Sagte Floaties, Harde Floaties, Bleeding Floaties en Mielies...
Die groter meerderheid van vis wat gevang word in Suid-Afrika is op Floaties.
Bloot net op verkope gebasseer want vir elke botteltjie mielies wat verkoop word daar maklik 200 botteltjies floaties verkoop.
Asook uit ondervinding. Ek vang meestal met floaties en het meer sukses op floaties as op mielies.
Natuurlik is daar is 'n maar by...
Vir die groter vis is 'n Mielie pit definitief 'n beter opsie. Veral in die Vaalrivier stelsel word die groter karp gevang op mielies met 'n Chooby bait, Snow Eez of bruinbroodjie as backing.
Kleiner vis byt ook op mielies veral in die Vaaldam.
Wat ons moet verstaan is dat as jy mielies hengel in vlakker water gaan jy 'n groot kans staan om kleiner vis te kry.
Waar as jy mielies hengel in 4m water en dieper gaan jy meestal die groter vis kry.
Harde Floaties dryf beter as sagte en Bleeding floaties
Maar Harde Floaties word makliker pap in die water en kom makliker van die hoek af.
Sagte en Bleeding floaties sal net net dryf as jy hul haak op baie klein hoekies bv 'n 0.8 of 1 Daiichi
'n Sagte of Bleeding floatie met 'n degie Backing sal nie maklik dryf nie, tensy daardie degie Backing piep klein is en dit op 'n 0.8 Daiichi hoek is
Die doel van 'n floatie en degie is nie noodwendig om die aas te laat dryf nie, dit is eerder om die aas super lig te maak' critically balanced' sodat dit maklik kan opgesuig word met die vis se voer aksie