MaGic Baits
"MaGic Baits het 'n groot aandeel in my sukses en ek en MaGic sal nog 'n lang pad loop."
Marjohn Koster

Ek is alweer besig met die wonder aas..MIELIES..ek was by die vaalrivier gewees om bietjie te ontspan, maar die vis wou niks hoor van dit nie. Ek het weer met die geknipte pitte gevang en het toe sommer weer nuwe gunstelinge gekry, naamlik BRUSH, HLX, ROOI SPYKER en nogsteeds n wenner by die rivier..VRM pitte. Die kombinasies was nie baie ingewikkeld nie, en dit wil voorkom dat die vis agter die sterker geure aan was, want dit is nie jou normale warm somer geure waarmee ons gehengel het nie.
no 1 was n geknipte HLX pit saam n HLX floatie met Groen spyker en Caramel x spray op die bol.
no 2 was n geknipte Rooi spyker pit saam n HLX instant degie met Rooi spyker, Warrior en DCX op die bol
no 3 was n geknipte Brush pit saam met n MZ floatie met Brush spray, MZ en n klein bietjie Spookasem op die bol.
no 4 was n geknipte VRM pit saam n VRM instant degie met VRM en Spookasem op die bol.
Ek het n artikel gemaak waar in ek mooi verduidelik hoe ek my mielies maak en hoe jy vir jou mielies kan maak asook die res van die kombinasies en stroppe.

...lekker hengel en onthou om elke oomblik te geniet en dankbaar te wees vir al ons seeninge.

11.1  11.2

21.1  21.2

31.1  31.2

41.1  41.2