"MaGic Baits het regtig my vangs 1000% verbeter ..." |
Visvang Drama deur Cornel Geyer
Visvang Drama deur Cornel Geyer
Ek was so paar jaar terug by Oranjeville gewees en gekamp vir n naweek. My kamp area was opgeslaan en lyne ini water en alles het goed gegaan, toe kom n ou oompie en slaan saam vroulief sy kamp op en van die tyd wat oompie daar aangekom het tot sy lyne ini water was het hy seke 3 lang brannes en coke gesluk. Teen 4uur die middag toe is oompie al heel voor en aan die brand. Om julle n idee te gee elke keer as oompie gaan ingooi skreeu tannie “four” en slaan dekking beter as enige army troepie ooit kon. Kyk oom se vier lyne le amper die hele oewer vol so wild gooi hy in.
Ek sit toe en het n nuwe remote trokkie gekry en ek start die op en begin op en af jaag en donuts gooi, en terwyl ek nou speel begin die gears in my kop draai en ek kry n blink idee vir oompie. Ek loop toe terug na my tent toe en sit my karretjie op charge terwyl ek my plan in werking sit, kyk oompie besluit toe dis tyd vir n middag slaapie en hy verdwyn toe vir n uur. In die tyd gaan ek toe en sit met die help van my buurman n tent pen so 15 meter in die water voor oompie se een stok met n swivel aan die pen vas ek trek toe sy lyn uit en ek sny sy strop af en ruig sy lyn deur die swivel en bring dit terug en maak die aan my trokkie vas. Ek maak toe die spoel van sy bait runner los sodat wane hy kap hy nie my trokkie in die water intrek nie. Ons sit toe vir so halfuur toe oompie uitkom met nog n lang glasie en hy strykkel so rond tot by sy stoel en daar gaan sit hy. Ek gee toe so 5 min en ek start toe my trokkie op en vat hom voorentoe en agtertoe so paar keer en ek kry oompie se aandag, dis toe ek vet gee op die trok se remote die wiele spin en daar gaan die trokkie, die oom se polisieman trek met die spoed van witlig in die water in, en dis toe die drama begin.
Kyk oompie gooi toe sy glas in die lig in jy sien net ys brannas en coke vlieg, hy het so twee tree gegee en sy ou army dae herleef want hy is grond toe en leopard crawl na sy stoke soos n baba agter n tjokolit aan, hy kry toe opgestaan en stok in hand en hy strike daai stok my trokkie slaan vas en spin op die grond en toe kry hy grip en vertrek toe weer ini pad af. Kyk buurman wat my gehelp het le toe al opi grond en lag so date ek amper vergeet het waarmee ons besig was, sy vrou het haar video kamera byderhand gehad maar soos sy daar gestaan het en lag het sy nie veel afgeneem nie. Maar kyk die oompie staan toe soos n profesioneel en begin die “vis “ inbring k los toe n bietjie die petrol en die oom begin toe lyn inkatrol ek het hom so paar meter laat wen en toe weer gas gegee sodat dit lyk asof daai baitrunner begin rook, oompie begin toe maar weer katrol en skreeu vir mamma om hom nog n dop te bring want hier is n haai an sy lyn vas. Ek kyk toe regs en sien n aansienlike groot natkol om my mede kollega vorm soos hy nog op die grond le en lag. Ek en oompie sit toe vir so uur en bakklei so oor en weer met stok en trokkie, tannie het toe so halfuur in die storie agter gekom wat aangaan en ook begin lag, kyk oompie het gepraat van n monster karp en n 30kg barber en toe noem hy n Zambezi haai is wat aan sy lyn is want hy het 10 jaar voor di teen gevang in die rivier so hulle het nou dam toe getrek en dit is wat hy het, kyk op daai stadium toe is amper almal wat op die oord daar by oompie en almal het gebrul soos hulle lag. Ek sien toe my trokkie se battery is besig op pap te word want hy wil nie meer so lekker trek nie. Dit is toe die “evil” kant van my uitkom en ek roep toe buurman nader en se hom om n strop reg tekry en my klein 200 gram muddy uit tehaal en aan n hoek te sit en aan die lyn vas temaak. Kyk oompie raak toe opgewonde want hy sien toe sy lyn vir die eerste keer en skreeu mamma kom skep die vis hy is naby, kyk tannie se kniee het toe al lankal ingegee van al die lag, ek spring toe op met die help van buurman en offer om die vis te gaan skep. Met strop en vis in hand en mooi weggesteek gryp ek die skepnet en ons is in die water in oompie raak toe oor opgewonde en begin instruksies uitskreeu oor hoe ons moet skep en ons nie te diep ingaan nie want Zambesi haaie is baie gevaarlik. Ons trek toe die tentpen uit en kry als gesort en ons skep toe die “groot” vis, toe ons nou uit die water uitkom met die strop en my 200 gram muddy toe is daar n massiewe brom van lag ek kon toe dit nie meer vat nie en ek begin so lag. Kyk oompie was toe nou nie beindruk met die hele storie nie en hy verdwyn toe in die tent in en pass uit. Saterdag oggend toe word oompie wakker en kom uit en groet ons almal en kom uit en gesels toe met my en buurman, ons voel toe so sleg dat ons die hele storie vir oom vertel, kyk hy sien toe die humor in die hele storie en ek het toe n baie goeie vriend gekry.
Cornel Geyer