"Ek is so bly ek het julle gevind." |
Pieter Prinsloo deur Kenny Hills
Pieter Prinsloo deur Kenny Hills
As ek aan Piet, my swaer dink, dan sien ek hom altyd so keen om te gaan visvang. Pieter sou alles vir almal koop sodat hy net kan gaan visvang. Ou Pieter het my oorlede oupa se visgereedskap by hom gekoop. Ek kan die dag nog goed onthou. Ek was so in standerd 7 gewees. Die dag toe oupa finaal besef het sy hengeldae is verby. Ons het gekom en gegaan maar sy ou bene wou nie meer saamwerk nie en het hy toe maar altyd by die huis gebly. Ek onthou nog die verlange en hartseer in sy oë as ons gaan visvang het en as ons terugkom met die mooi groot visse. Die laaste jaar of twee het ek hom gebad en later ook my sussie Spokie. Kyk Piet wou baie graag oupa se visgereedskap hê, maar geld was maar baie skraps en hy het oupa Venter afbetaal. Van my ooms was kwaad oor die visstokke en kano, maar dit was Piet s’n. Ons het behoorlik die visse orals gaan soek, maar snaaks nooit Koppies of Vaaldam toe gegaan nie. Vaalrivier en hier en daar ‘n privaat dam of twee.
Die spesifieke tyd waaraan ek dink is toe ons net so voor Lochvaal by ou Van Vuuren se dammetjie gehengel het. Die dammetjie was sowat 150 by 200 meter groot en op die diepste so 3 m. Regte karp diepte. Oom Van Vuuren het ‘n bootjie gehad en in die Rietspruit wat so deur sy plot geloop het die sowat 2 km afgevaar na Lockvaal. Daar het hy of met ‘n net of wat gevang, maar as hy terugkom het hy sy dammetjie gestock met lekker dik dik karpe. Nou ja ons het op die oorkanste oewer gehengel en ons lyne in die diep water gedrop.
Die dag gooi hy die karpe in daar op die hoek en die volgende oomblik toe loop ions stokke en is ons vas. Weer een en weer en weer. So wragtig so vinnig soos hy hulle ingegooi het so vinnig het ons hulle gevang. Ek was nog ‘n laaitie man en tot vandag toe kan ek nog steeds dit amper nie glo nie. Karpe wat in ‘n keepnet was en dan teruggegooi is het binne 5 minute wat hulle weer vry was gebyt vir die vale. Nou oom Van Vuuren het dit glad nie gelike nie en die kano’s is daar en dan stopgesit. Ou Piet se woorde aan my was”Jis ou Kenny hoe nou gemaak?” Ons het vinnig vinnig ‘n kar tube iewers gebum en daar is ek toe met ‘n kar tube in die water en kap ons die karpe dat dit vrek. Dit was in elk geval nie vêr nie en is ek tjop tjop terug. Die karpe het klokslag net tot 11h00 die oggend gebyt voordat hulle bekke soos ‘n kwaai tannie s’n styf toe was. Maar in die aand was die tube op die kant en het ek weer kano geroei vir die vale. Ons het die vis geeët en kon ons regtig nie die nette opgetel het nie en het ons dit gesleep tot waar ons dit kon oplaai. Kyk daardie dae kon jy duidelik sien watter manne kuier by die huis en watter bly langs die viswater. Die gewone ouens het nog staal keepnets gehad. Piet was ’n gesoute hengelaar, hy het ‘n groot vishok gehad waarin ons visse was. Soos hy gesê het ‘n otter se agterent, hy gaan nie sy visse opvreet nie.
Die oom Van Vuuren wou van toe af ook altyd ons visse check, want hy wou nie regtig gehad het ons moet die groot visse vat nie. Wel R10 per dag was R10 en dit was baie geld, so ons het die vis weggesteek totdat ons op die teerpad was en hulle dan weer in die hok gegooi.
Piet het soms lekker gekuier, en dan was hy slim. Kyk hy het altyd eerste geweet as daar ‘n mooi girl iewers in die omtrek was en gesê, check daar, check man. Ons het gecheck, maar tot vandag toe kan ek sê hy het hom gedra en nie een keer ‘n girl by die viswater gehad nie. Al het my sussie dit miskien partykeer gedink, ons almal was onskuldig.
Ek onthou eendag in Springcol, ek was in std 2. Ou Piet het na my ma toe gekom met sy bicycle. Vanaf Duncanville gery met ‘n fiets want sy kar was stukkend. Toe hy ry speel ons en gooi hom kamma met klippe, ongelukkig val daar ‘n klip reg in sy pad en hy ry met sy resiesfiets daaroor en koop ‘n plaas net duskant ons hek. Sy voorwiel erg krom gebuig. Nou ja hy is na my ma toe en my gat het gebrand. Einde van my klipgooiery gewees tot vandag toe.
Ons het redelik baie by Heilbron se dorpsdam gaan visvang. Die dorpsmense het, glo dit as jy wil, glad nie daar visgevang nie. As hulle op ‘n naweek ‘n draai maak wil hulle weet wat ons daar maak en as ons hulle die vis gewys het, dan is daar vir ons gesê dit kom van Koppies dam af.
So onthou ek vir Piet, altyd ernstig oor die visvang. Ek sien nog sy stasiewa ford met die blou kano op die dak en ‘n smile op sy gesig, want ons gaan visvang.