"... that baldip Weerlig is just superb!!!! Out of 17 anglers I was the ONLY one to catch fish. Not just 1 or 2 but 8!" |
- Details
- Hits: 12810
Magic Baits MEDALS deur Fanie Oosthuizen
Daar is vandag baie produkte op die mark,maar ek kan regtig geen gelyke vind vir Magic Baits se MEDALS nie…en die rede is dat vis eintlik Magic Baits MEDALS nodig het… Nou hoekom so ?
Die van julle wat gedink het dat die Goud, Silwer en Brons MEDALS, sommer net weer n gewone floatie is, met n nuwe pak klere aan, wel het ek nuus vir julle. Ek het regtig die Magic Baits MEDALS (Drywende aas soos floaties) behoorlik gaan toets. Ek is regtig beindruk met die resultate. Ek kan eerlik se dat Magic Baits MEDALS geen gelyke op die mark het nie ... hoekom se ek so..? Want die Magic Baits MEDALS is voedsaam vir die vis. Ja baie dink nou, maar hoe kan 'n floatie voedsaam wees vir vis. Wel die Magic Baits MEDALS het n SODIUM ( sout ) basis en laat ek sommer ook net se dat dit nie jou gewone tafel sout is nie, maar dat dit spesiaal vir die vis geformileer is. Daarby word sekere elemente gevoeg, wat baie voedsaam is vir die vis.
Terwyl n vis rond swem neem hy sodium in die water op, wat hy dan nodig het om sy osmotiese druk en ballans te handhaaf(Osmotiese druk is druk wat gegenereer word deur water wat beweeg deur osmose in of uit n sel ) en dit neem baie van die vis se energie op. Soos ons almal weet is vis maar soos mense partykeer ook maar lekker lui en as daar n kort pad is wel dan vat hulle dit en dit is waar die MEDALS in kom met hulle SODIUM basis.
Die vis tel baie vining die sodium in die water op en voor jy jou kan kry loop jou stok. Want dit is makliker vir die vis om vinnig sy sodium vlakke reg te stel met n paar Magic Baits MEDALS as om vir lank rond te swem op soek na die regte hoeveelheid SODIUM.
Soos julle weet kry n mens drie soorte Magic Baits MEDALS naamlik: Gold, Silwer en Brons. Elkeen van die Magic Baits MEDALS het verskillende SODIUM vlakke. Ek kan nou nie se watter een het watter vlak nie, want dit is Michael the 'Magician' se MAGIC resep. Ek kan wel noem dat elkeen van 'n spesifieke rou materiaal gemaak word en dit bepaal dan die spesifieke SODIUM vlak van elke kleur medal. En daarom werk een kleur beter by sekere plekke as ander, want nie een dam of rivier het die selfde sodium vlakke nie. Dus moet jy al drie in jou kas he, want jy gaan nie weet watter een die beste gaan werk vir 'n spesifieke dag nie, aangesien die sodium vlakke amper elke dag verander in die damme en riviere.
Hier onder kan julle sien hoe lyk die MEDALS in hulle natuurlike vorm en hoe hulle ook binne lyk.
Hier kan julle nou sien hoe die MEDALS aan n hoek lyk en hoe jy hom kan aanbied.
Ek het vir Stefan Nel, die eienaar van die hengelwinkel, Spinwild, gevra om die dag saam met my die MEDALS te kom toets by n privaat dam, waar daar nog nooit MEDALS in die water was nie. Ons het elkeen met twee stokke gevang waarvan ons die boonste hoek van ons gly rietvlei strop verwyder het,aangesien daar vreeslik baie vashaak plek was. Ons het ook net met GOLD, SILWER en BRONS MEDALS op die hoek gehengel. Met geen ander aas nie en mense julle sal nie glo nie, daar was nog nie eers tyd vir vleisbraai nie toe is ons al moeg gevang, want die vis het behoorlik tou gestaan vir die Magic Baits MEDALS. Ons het ook die kombinasies maklik gehou om nie die MEDALS te beinvloed nie. GTA, ALMOND X, DCX ,SPOOKASEM,ROBBIE, noem maar op, almal werk saam met Magic Baits se MEDALS, moet net nie te veel dip op sit nie.
Ons moes julle net vining ons vangste wys! Hulle se mos sien is glo!
Soos julle kan sien het ons n sinvolle sessie gehad, met net MEDALS op die hoek. Ek kan julle regtig aanraai om dadelik al drie kleure Magic Baits MEDALS te kry en te kyk watter een in jou gunstelling dam of rivier werk, want die vis het Magic Baits MEDALS NODIG !!! Al wat jy moet doen is om dit vir hulle te gee.
Geniet julle hengel. Pas die vis op en GENIET elke oomblik van dit!